Search
|
Grobbelaar Genealogie Aldus verthoont hem de TAFEL BAY Geleegen Aeñ CABO de BONA S PERANCA WelkomDie stamvader van die Grobbelaar en Grobler families in Suid-Afrika was Johann Grobleben, gebore in Februarie 1671 in Tangermünde, Duitsland. Sy genetiese oorsprong was Wes-Slawies, want sy haplogroep is R-YP1337 wat 'n vertakking is van R1a-L260 wat bekend staan as die “Wes-Slawiese” haplogroep. Dit kom voor in Poland, Tsjeggiese Republiek, Slovakië, Slovenië en Lusatia - 'n Slawiese enklave binne Duitsland en Poland. Hy was die seun van Arnoldi wat op 5 Januarie 1634 in Tangermünde gebore is. Arnoldi was die seun van Hans Grobleben wat in 1625 getroud is. Geen geskrewe rekords voor 1617 het 'n dorpsbrand oorleef wat die kerk met alle rekords vernietig het nie, so verder terug as Hans kan dit nie nagevors word nie. Hy het op 10 Mei 1705 vanaf Texel op die Hof van Ilpendam uitgeseil. Hulle het op 29 September 1705 in Tafelbaai aangekom, en hy het op 24 Oktober 1705 vir diens aan die Kaap die Goeie Hoop aan wal gegaan en begin werk as 'n houtkapper. In 1713 word hy wabestuurder by Groote Schuur. Vanaf Augustus 1713 was hy as boerekneg “in bruikleen” en het waarskynlik op twee kleinhoewes aan die Liesbeeckrivier gewerk. Op 29 Januarie 1715 word hy vryburger. Hy ontvang betaling teen sy kredietsaldo by die VOC na 19 Februarie 1715. Hy trou voor 9 Mei 1715 met Gertruida Knoetzen. Hulle het die volgende kinders gehad:
Johannes (1716)
Vanaf 1716 boer hy. Op 4 Februarie 1726 koop hy die plaas Landskroon in Drakenstein waar hy tot sy dood op 8 Augustus 1735 boer.
|
||||||||||